Jena-Lee Jonker
Hoërskool Hermanus
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
ń Tweedelige bottelgroen rok met ń glinsterende goue aanraking. Die bokant en lyfband is versier met goue blomme en donkergroen krale. Die rok bestaan ook uit ń romp met ń waterfal-effek om die goud daaronder te beklemtoon.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het ontwerpe van ander rokke gekombineer wat ek op Pinterest gesien het. Ek het presies geweet wat ek van hierdie rokke wou hê, maar ek wou ook hê my rok moes meer bosagtig lyk. Ek het dus my eie ontwerp voorgestel en het ook ń bietjie inspirasie vanaf my ontwerper verkry.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek hou van hoe dit my soos ń boskoningin laat voel het. Ek is verlief op die details, soos die blomme, krale en die lint. Ek hou ook van hoe die waterval-effek die goud onder die rok na vore gebring het.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19