Jeane Bezuidenhout
Hoërskool Middelburg
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het n rok gekies wat my persoonlikheid (what you see is what you get, niks plastiek nie ) weerspieël maar ook gepas is vir n formele geleentheid.
Die rok het my figuur gevlei en gemaklik laat voel.
My rok was n praktiese keuse wat ek heelaand kon dra wat my elegant laat lyk het sonder om te veel te onthul.
Na kilometers se stap in winkelsentrums het ek my droomrok in YDE gevind.
Die royal blou satyn rok was dadelik n wenner.
Ek het soos n prinses gevoel die hele aand.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja ek het
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het my inspirasie op die volgende plekke gekry:
Die warm somer seisoen, die Onder die see Matriekafskeid tema, die beroemdes op Pinterest, my unieke styl wat by my twee kleur ooghare , die kleur het my blou oë en donker hare beklemtoon.
Die rok was gemaklik om mee te loop en te dans.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die skouer deel van my rok was my gunsteling.
Die oop sirkel aan die kant was n prettige deel wat nie te veel vel gewys het nie.
Die slit was sexy maar elegant met bietjie fokus op my bene.
Datum van matriekafskeid?
2024-10-04