Jaymé

Ben Viljoen

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Vuil pienk satyn en sagte tulle in n effense meermin styl met peplum in die middellyf aan weerskante. Geplooide detail op die buustelyn, afgerond met goue koord en fyn goue kralewerk. Baie sagte gedrappeerde moue van tulle met pêrel en kristal detail. Ek het n boheemste styl en is baie lief vir blomme, kralewerk ens.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ben Viljoen Hoërskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het so 2jaar terug deur instagram begin loer vir inspirasie vir my "droom" matriekafskeid rok. Deur doolhowe van instagram het ek op n rok afgekom wat net eenvoudig my asem weggeslaan het. Elke aspek daarvan het my estetiese fantasie en droombeeld styl uitgebeeld het.Dit was verbeeldingryk en nostalgies. MAAR die rok was myle vêr oor die water...deur n mode huis in Berlyn met die naam Myoo Couture. Ek is so dankbaar dat ons Loskop Vallei se eie doyenne van modeontwerp, Antoinette Martens- hierdie droomrok vir my kon laat gestalte kry. Tannie Antoinette het net dadelik elke detail en draadjie, elke pêrel en kristalletjie se plek verstaan. Die rok het soveel detail: daar is peplum in die middel en fyn goue koord om die buustelyn. Die blomme, krale, pêrels ens is soos n stukkies skatte wat jy ontdek hoe meer jy na die rok kyk. Dis presies wat ek wou hê...

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Absoluut hóé ek gevoel het in my rok. Die rok was n ekstensie van my styl, my oortuigings, my drome en my algehele estetika. Ek het so tuis en gemaklik gevoel in hierdie kunswerk van n rok. My ma sê die rok is n uitbeelding van my geaardheid: Eenvoudig maar kompleks. Ongekompliseerd maar vol detail. Min maar baie. Al die details is werklik n skattejag wat jou kort kort verras met nog ietsie moois of interessant.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-18

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media