Jaydlin Grobler
Hoërskool Monument
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek wou graag 'n elegante en stylvolle rok ontwerp gebruik. My rok is 'n A-lyn styl patroon met pers satyn materiaal, skitterende steentjies kantmateriaal op die voorkant van die bors stuk (bodice), die agterkant (rug gedeelte) word vasgebind met kruisstyl, satyn linte en het die perfekte lengte sloop aan die agterkant. Daar is ongeveer 4 000 steentjies op die romp gedeelte wat van net gemaak is met die hand opgeplak.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Monument
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie vir my rok se ontwerpkeuse het reeds in Gr.10 begin toe ek deur Pinterest geïnspireer was. My droom was om soos 'n prinses te lyk en te voel. Die kleur, pers het vir my uitgestaan en was nie 'n alledaagse kleur wat tydens Matriekafskeid gedra word nie en is uniek.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Elke deel van die rok was so spesiaal vir my en die feit dat die rok nie swaar geweeg het nie was 'n pluspunt.
Die rug gedeelte met die gekruisde linte om die rok vas te maak het vir my uitgestaan asook die perfekte lengte van die sleep van die rok wat my gevolg het soos ek geloop het.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19