Jaun-Marie Maree

Hoërskool Transvalia

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Daar is n bekende sê ..."less is more" en so was dit die fondasie van my ontwerp inspirasie. Die kleur waarop ek gekies het is ń elegante Konings Blou n diep en aanskoulike skakering van blou , die kleur het dadelik die sprankel in my oë terug gebring. ń Elegante hoë Bo-been spleet met ń lang eenvoudige A-lyn , met slanke spaghetti-bandjies en ń oop rug om alles saam in een te bring.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Hoërskool Transvalia

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Elke klein dogtertjie droom van die dag wat sy soos Cinderella in haar droom rok, in ń koets met haar prins aan haar sy die groot bal bywoon. Elke kraaletjie , steentjie en pêreltjie fyntjies op ń plekkie aangewerk is. Met maande lange beplanning het my rok begin naat vir naat my hart steel...ń rok waarin ek opreg soos ń prinsess voel en nog meer! Nie te veel... nie te min ... maar net genoeg om oogies te trek.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die kleinste detail is wat altyd die meeste oog trek... my oop rug wat met n diamant klippie bymekaar gebring word was beslis my gunsteling detail van my rok.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media