Janneke Lötter
Hoërskool Durbanville
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Van kleins af het ek altyd gedroom dat my matriekafskeidrok iets opvallends en "bold" sal wees wat uitstaan.Ek het besluit om rooi te dra, aangesien dit my gunsteling kleur is en dit my veltoon mooi komplimenteer.My rok is 'n twee-stuk, waarvan die wye rompdeel verwyder kan word.Ek het dit so gekies omdat daar by matriekafskeide baie gedans word, en die vol romp in die pad sou wees.So het ek het op die ou einde 'n 2-in-1 rok gehad, wat van 'n groot prinses-styl rok na 'n praktiese dansrok omskep kon word.Op my skouer het ek 'n roos geplaas,wat een van my gunsteling blomme is, wat die rok pragtig afgerond het en dit net daardie ekstra unieke aanraking gegee het wat die algehele voorkoms verbeter het.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek is 'n groot mode-entoesias en kyk gereeld na rooi tapyte by verskillende geleenthede.Laasjaar het ek die Oscars 2023 se rooi tapyt gekyk en Cara Delevingne se rooi rok het my dadelik gefassineer en my geïnspireer vir my eie rok.Die manier waarop haar rok elegante lae en verskillende elemente gehad het,het dadelik idees by my opgewek.Soos ek hierbo genoem het,is my rok 'n twee-stuk en die inspirasie hiervoor het ek gekry uit Jennifer Lopez se pienk rok wat sy by die Golden Globes 2024 op die rooi tapyt gedra het. Haar onderste rok was op sy eie redelik eenvoudig en mooi,maar toe sy die blommerige romp gedeelte bygevoeg het,het dit die hele voorkoms na 'n nuwe vlak geneem.Dit was presies wat ek wou bereik met my eie rok.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die roos detail op my skouer en die feit dat dit 'n 2-in-1 rok is wat dit vir my baie spesial en uniek maak.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19