Janine Kitshoff
HS Linden
Tuisdorp
Johannesburg
Skool
HS Linden
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok het glad nie uitgedraai soos wat ek gedink het nie, maar die rok het veel beter uitgedraai as wat ek ooit myself sou kon verbeel.
Die hoofontwerper was my tannie, Elsabe van der Bergh. Sy het nog altyd my fantasie rokke aangepak, maar hierdie rok was een soos geen ander nie!
My tannie het haar bes probeer om die ontwerp wat ek ingedagte gehad het, in 'n realiteit te verander. Na 'n lang naweek van teken, uitveë, spoeg en plak, het ons uiteindelik by die perfekte ontwerp uitgekom.
Die werklike maak van die rok was 'n storie van sy eie, omdat my tannie geen patroon vir riglyne gehad het nie. Toe die rok gemaak is, moes ons die kant opsit. Na eindelose uitknipsessies, idees met spelde vasknip, en verskillende patrone probeer, het ons besluit op 'n skoenlappereffek, wat die lyn deur die middel van my lyf beklemtoon. Ons moes seker maak dat alles perfek asimmetries is, om 'n balans te skep. Omdat ek graag goue juweliersware wou dra, het ons ook besluit dat ek van die silwer krale op die rok goud moes verf, soos die krale in die middel op die band en op my rug. Vir 'n finale afwerking het ek Swarovskistene op die rok vasgebrand vir 'n ekstra sprankel.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was 'n vorige jaar se Sarie-wenner waarvan die rok uit gehekelde blomme gemaak was. Ek was verlief op daardie rok; my ouma het sommer klaar blomme begin hekel vir my rok, maar later het ek besluit om die blomme liewers in my hare te dra. My finale rok se inspirasie het van 'n YDE rok afgekom wat ek aangepas het. Ek was mal oor die drie aparte pante wat twee splete gevorm het. Die res van die rok was saamgestel deur verskeie Pintrest fotos en my tannie se kreatiwiteit.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok beteken vir my... wel ek weet nie eintlink hoe om dit te beskryf nie. Die hele rok weërspiel my liefde vir ontwerp, my tannie se harde werk, my ouers se ondersteuning en 'n kreatiewe gedagte wat lewe kry.
Dit is nie net vir my 'n rok nie, maar 'n kunswerk van samewerking.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van ons matriekafskeid was beslis die dansvloer. Die hele aand lank was daar mense wat hulself geniet het en later het almal begin dans asof niemand gekyk het nie.
Planne vir na matriek
Ek het beplan om 'n oorbruggingsjaar te doen en êrens in die natuur 'n avontuur aan te pak, maar God het ander planne vir my gehad en toe draai my pad Tukkies toe. Ek beplan om daar "Information Sciences in Multimedia" te studeer met die oog om eendag 'n UX|Ul ontwerper te word.
Gunsteling woord in Afrikaans
Karnallie. (My ouma het my altyd haar “klein karnallie” genoem.
Datum van matriekafskeid
2025-10-02