Janika Ferreira

Hoërskool Pionier

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is wit, silwer en ligteblou met n magdom blinkers. Dit is n tweestuk rok met n sleep wat kan afkom en dan n pragtige eenstuk wat oorbly. Ek het n paar fotos van rokke aanmekaar gespoeg en plak om die perfekte rok wat my as mens laat uitstaan te ontwerp. Die sagte kleure wat my vroulikheid uitbeeld en die baie glans simboliseer my sterk, ekstrovertiese persoonlikheid.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou nog altyd net n rok gehad het wat uniek is, stylvol maar ook gemaklik en my ontwerper het defnitief my verwagtinge oortrek. Dit was n rok wat ek met selfvertroue kon dra. Die fyn detail in die rok het my inspereer dat dit die kleiner dinge in die lewe is wat belangrik is en uitstaan.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die glansende sleep is my gunsteling deel van my rok omdat dit bietjie 'oompf' aan die rok gee maar dat dit terselfdetyd baie elegant lyk. Die blinkers en blommepatroon op die rug staan ook vir my uit, want dit bind net alles presies en perfek in mekaar in.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media