Jani de Bruin

Hoërskool Witteberg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek en my ou-sus het op die ontwerp besluit want ons het gedink dat die 3D blomme iets sal wees wat bietjie uitstaan teen die norm. Die blomme het die lente uitgebeeld en met die toevallige sneeu op die dag van die matriekafskeid het dit die oorgang tussen winter en somer goed uitgebeeld.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

O ja! Dit was ‘n ongelooflike ervaring by Hoërskool Witteberg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My rok is geïnspireer deur die natuur, wat na aan my hart lê. ‘n Koue, semi-winter agtergrond met die vooruitsig van ‘n helder lente wat deur 'n gure weer op die dag onderstreep is!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die blomme van verskillende kleure wat soveel opsies gelos het vir grimering, bybehore en ook my metgesel toegelaat het om sy eie persoonlikheid uit te leef in sy keuse van uitrusting. Ek was ook dankbaar vir die moue wat ek kon verwyder as ek gaan dans!

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media