Jané Venter

Hoërskool Zastron

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

In my lewe het ek nooit gedink om vir ‘dusty pink’ te gaan nie - ek het nog altyd van pink gehou, maar ek was nie van plan om dit my matriek afskeid rok kleur te maak nie - totdat ek die lap in Bloemfontein gesien het. Op my dun straps het ek pêreltjies gehad, met ń oop rug. Ek het ook ń slit aan die regterkant van my been gehad en ń baie lang sleep.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Zastron

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het nooit geweet wat ek wil doen nie. Ek het dit in my designer se hande gelos. Die enigste vereiste wat ek gehad het was die pêreltjies. Ek wou nooit ń lang sleep hê nie - ek het gedink dit sal my teveel pla. My designer het vir my ń hele ander prentjie geskep. Ek het ń paar fotos vir my designer gestuur, en hul het gehardloop met die idees. Ek sal absoluut niks verander aan my rok nie! Ek het werklik soos ń ‘disney princess’ gevoel.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek sou sê die pêreltjies, my lang sleep en die kleur. Min mense het so ‘plain’ rok soos ek gehad, en dit maak my rok uniek. Die rok beskryf presies wie ek is.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media