Jané Swart
Hoërskool Strand
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek wou graag 'n matriekafskeidrok gehad het wat tydloos en klassiek is en wat ek weer sal kan dra. Ek sien myself as 'n elegante en stylvolle persoon en wou dit in my rok weerspieël. My rok is van gladde swart satyn gemaak, met 'n korset deel wat my middel aksentueer. Die "sweetheart" halslyn skep 'n romantiese en vroulike effek en die bostuk is met krale en fyn blommetjies versier, wat in die lig skitter. Die sagte voue onder die korset bind die korset met die mooi kant "detail" wat bo die slit sit. Ek het van die begin af besluit dat ek blom oorbelle wou dra, wat pas by die blom "detail" op my rok. Die oorbelle is handgemaak van klei, die ontwerp was vir my besonders en anders. Ek het besluit op wit omdat dit die rok gekomplimenteer het en ook die "look" waarvoor ek wou gaan voltooi het.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Strand
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het die vorige jaar al idees begin soek vir my perfekte rok op Pinterest en het van die begin af geweet ek wou 'n satyn rok hê. Ons het reeds vroeg in die jaar rokke gaan aanpas om net 'n idee te kry waarna ek soek. Ek het sonder verwagting verskillende kleure en style aangepas en reeds in die eerste sessie my rok gevind. Ek was verlief op die rok vandat ek dit die eerste keer aangepas het en wou daarna nie verder soek nie. Ek het die rok deur Bellisimo Dresses in Kampsbaai laat invoer.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die kant "detail" wat op my bostuk en bo die slit aangetref word is my gunsteling deel omdat dit lewendig raak in die lig en 'n 3D-effek het. Dit is iets uniek wat ek nog nooit voorheen gesien het nie, daarom is ek so mal oor die rok. Tydens my fotosessie het ek beslis soos 'n supermodel gevoel en my selfvertroue het sterk na vore gekom.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-18