Janay Haupt

Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het 'n pragtige, elegante, stylvolle maar tog minimalistiese rok gesoek. Ek het my idee aan Liezl Nortje Botique Courture gegee en ons het saam stukkie vir stukkie hierdie ontwerp tot lewe gebring. Die matriekafskeidrok is met 'n emerald groen satyn materiaal gemaak en het oop sye met 'n oop rugkant wat met lint toe gevleg is en sakke langs die sye.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My oorsprontlike idee vir hierdie rok was 'n baie eenvoudige A-lyn styl. Die droom om 'n elegante eenvoudige rok te hê, het waar geword en saam met dit is daar verskeie ander 'add ons' wat nie oorsprontlik deel was van my idee nie, wat die tot die einde toe gemaak het, soos die oop sye en die diamant beldjie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die oop kante en 'n gedeeltelike oop rug was vir my 'n droom en die sakke was iets ongelooflik gewees. Die beste deel van die hele onndervinding was om tydens elke passing te sien hoe die rok gevorm word, van slegs 'n idee tot die rok, amper presies soos wat ek hom wou hê.

Datum van matriekafskeid?

2024-10-05

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media