Jana Vermeulen

Hoërskool Bellville

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou altyd 'n groen matriekafskeidrok gehad het. Met my rooi hare en ligte vel was dit beslis 'n goeie keuse. Ek het eers beplan om net 'n eenvoudige klasieke styl te kies. Ek wou net gemaklik wees en die aand geniet sonder om te sukkel met my rok. Nadat ek 'n paar prentjies gekry het en na matriaal gaan soek het, het ons binne een oggend alles gekoop en dit was eintlik glad nie die materiaal wat ek oorspronklik beplan het nie.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Bellville

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My keuse was eers net 'n normale satyn rok of iets soortgelyks, baie eenvoudig. My ma en suster het die matriaal met die blomme in die winkel raakgesien en was dadelik mal daaroor. Ek was bietjie skepties oor die materiaal en kon my nie indink hoe dit sal lyk nie. Eintlik het hulle my so bietjie bang gehad dat dit te uitspatting sal lyk, maar ek het geweet my ma kan vir my 'n rok maak sodat ek soos 'n prinses sal voel.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek het so spesiaal gevoel met die rok. Dit was soos 'n sprokie. Die keuse van die materiaal was perfek!! Dis was vir my 'n voorreg dat my eie ma die rok kon maak. Sy is nie 'n profesionele kleremaakster nie, maar sy het haar beste gedoen om my dag spesiaal te maak. Ek sal dit vir altyd onthou. Al die oor en oor aanpas, gelag en saam beplan, geen gekoopte rok sou dit kon top nie.

Datum van matriekafskeid?

2024-10-05

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media