Jana Schoeman
Hoërskool Sentraal
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok is ontwerp en gemaak deur Sadé Jansen, bekende modeontwerper in Bloemfontein. Dit is ‘n rooi satyn ‘tea-lenght’ balrok met ‘n geplooide korsetstyl bo-stuk wat afgerond is met ‘n kristalborduurde beltjie en randjie op die bo-stuk.
Die onderrok bestaan uit 'n laag blinker materiaal en 'n laag fyn net. Aangesien ek kort en klein van postuur is, was die ‘tea-lenght“ ontwerp die ideale keuse vir my. Sadé en ek het dadelik gekliek en sy het presies verstaan wat ek wou hê. Dit was baie lekker om die hele rokmaak-proses saam met my ma en Sadé deur te maak. Ons het die styl en kleur van my rok ‘n geheim gehou om te sorg vir 'n verrassings element op die groot aand.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Sentraal
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het my eie unieke styl wat neig na die ouderwetse klassieke style. My ma ken my baie goed en sy het voorgestel dat ek ‘n 1950’s ou Hollywood voorkoms oorweeg aangesien ek mal is oor Audrey Hepburn en Marilyn Monroe. Die dun middeltjies, rooi lippe, hoë hakke en sagte krulle het my inspireer. Die styl van my rok het die kleur gekies. Niks anders as ROOI sou goed genoeg wees nie. Rooi is ook ‘n kleur wat my baie goed pas. Ek het eenvoudige klassieke rooi kristal oorbelle en haarknippies as bykomstighede gekies en dit het die kristalborduurwerk op die beltjie en bostuk komplimenteer. My swart satyn hakskoene het klein strikkies op die hakke wat die strik op die moutjie herhaal.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek is mal oor alles van my rok, maar as ek iets moet uitsonder sal dit die sakke, kleur en die lengte wees. En ook hoe ek daarin gevoel het, soos ‘n Hollywood ster! Sadé het vir my ‘n tweede stel moutjies gemaak wat ek met hakkies kan vasmaak asook lang swart satyn handskoene wat die styl en voorkoms van my rok verander wanneer ek dit vir ander geleenthede wil dra. Dus is my rok ook baie veelsydig.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-21