Ek wou iets tydloos, klassiek en stylvol, maar tog "anders" dra - en regtig soos 'n Prinses voel vir 'n dag :)
Ons wou graag my lengte beklemtoon en die basis materiaal se "blush-pink" skynsel met die blink krale wat so mooi swaar hang, is wat die rok se snit geinspireer en gedryf het.
Die patroon is tydloos met 'n lae V-nek en A-lyn romp, oop rug en het baie besondere en detailed borduurwerk om die hele romp se soom, op die sleep agter, asook al langs die slit op aan die voorkant...dit het ure se handewerk vereis!
Die materiaal van "sequined beaded mesh" is versier met "glass beaded embroidery lace" met glaskrale en blompatrone.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
AHMP
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het gesoek na iets tydloos, klassiek en baie stylvol, maar ook uniek, "sexy" en met ietwat van 'n verrassingselement.
Daar was 3 rokke wat ek gesien het en waaruit ek net nie kon kies nie en het toe besluit om al 3 te kombineer.
(die een se agterkant, die ander een se voorkant, die ander een se onderkant)
Wie beter as 'n vroulike ingenieur om hierdie (uitdagende) plan en droom te verwesenlik,- dankie aan die talentvolle Lise De Lange wat 6 maande lank saam met my aan die eindresultaat gewerk het!
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Eintlik net mooi alles!
Mar as ek moet kies, sou ek se my gunsteling deel is verseker die deursigtige onderkant (dit was die verrassingselement!), die besondere kralewerk en borduurwerk op die sleep agter - en die fyn plooitjies voor wat my middel beklemtoon het.