Jana Dreyer

C&N Oranje Meisieskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die enigste vereistes wat ek vir my matriekafskeid rok gehad het is dat dit ‘n tydlose rok moet wees, met ‘n ouwêreldse gevoel, wat nogsteeds modern is. Verder het ek my volle vertroue in Casper Bosman, die ontwerper van my rok, gesit. Ek het geweet dat sy jare van ondervinding en kennis van ontwerp, vir my ‘n sorgvrye proses gaan skep. En met my volle vertroue in hom, het hy met hierdie ongelooflike ontwerp vorendag gekom.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Oranje Meisieskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Van jongs af het ek na elke Oscartoekenning-rok gekyk en gedroom oor hoe my rok eendag op my matriekafskeid gaan lyk. My inspirasie was dus die rokke wat ek op die rooi tapyt gesien het, want ek het geweet ek wil net so glansryk en stylvol lyk. Met my tydlose matriekafskeid rok, het ek gevoel asof ek nie ‘n skoolfunksie, maar die Oscars bywoon.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok, was die vyf vol sirkels materiaal wat saam met my beweeg het. Met elke beweging deur die aand, was ek weer herinner hoe spesiaal die rok vir my is.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media