Jannika van Zijl



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het laasjaar fotos van twee rokke gesien en dadelik geweet my matriekafskeid rok moet n kombinasie van die twee rokke wees. Ek het nog altyd van pienk gehou so ek het op n manier geweet my rok gaan n skakering van pienk wees, maar ek wou my opsies oophou. Die materiaal met die silwer sequins het dadelik my oog gevang en toe het ek finaal op die materiale besluit. Tot vandag toe weet ek nogsteeds nie wat die presiese kleur van my rok is nie, maar ek is mal daaroor.
My rok is gemaak deur tannie Anene Cronje en sy het my wildste verwagtinge oortref en die ekstra tree gestap om my soos n prinses te laat voel en lyk.
Netbal is n groot deel van my lewe (sommige mense sal sê dis deel van my persoonlikheid) en ek kon nie die kans mis om my hakke vir tekkies te verruil en n paar fotos op die netbalbaan te gaan nie neem nie. Dit het baie gehelp dat my matriekafskeid rok net so gemaklik soos my netbalrokkies is.
My rok is my persoonlikheid, soveel meer as wat ek ooit kon hoop. Dit is uniek, vrolik, stylvol en laat tot stukkies van die rok agter waar ek beweeg, net soos ek poog om stukkies vrolikheid en spore in mense se lewens te laat.