Jaime Matfield

Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Hierdie pragtige, stylvolle en elegante rok het nie net my lang, sportiewe figuur gevlei nie, maar was ook die eindresultaat van ‘n ongelooflike avontuur wat ons Matfield gesin, aangepak het saam met my ontwerper, die bekende Casper Bosman, van Bloemfontein. Die rok was aanvanklik bedoel om heel anders te lyk, maar elke keer as ek saam met my gesin vanaf netbalwedstryde in Kimberley area moeg en gesweet by Casper se ateljee aangekom het, het hy my met kreatiewe oë en 'n glimlag ontvang. Hy het die perfekte balans gevind tussen gemak en elegante styl. Hy het my in ‘n totaal nuwe rigting gestuur, ’n glinster-goue rigting, en die eindresultaat was niks minder as asemrowend nie.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Met elke aanpassing en verandering het my droomrok stadig maar seker vorm aangeneem, en uiteindelik het dit my perfek gepas. Die goue matriekafskeidsrok is nou meer as net ‘n kledingstuk – dit is ‘n simbool van MY, my toekoms en my drome. Net soos my pa wat vir goud gegaan het in sy loopbaan, is ek gereed om my eie goue pad te baan – en EK doen dit in styl.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Een van die gusteling dele van my matriekafskeidrok was ’n gedeelde oomblik tydens die maak-proses. Ek en my pa het tydens die Portugal-rugbytoets in Bloemfontein ‘n spesiale naweek saam deurgebring. Ons het die geleentheid benut om nie net die wedstryd te geniet nie, maar ook om ‘n draai by Casper Bosman se ateljee te maak. Dit was een van daardie besonderse oomblikke waar ons as pa en dogter tyd saam kon spandeer, weg van die besige sport- en akademiese wêreld. Ons gedeelde passie vir sport en ons diep pa-dogter band het deur die hele naweek soos goud geskyn. My hart loop oor van dankbaarheid vir my ouers. Ek is bevoorregte om te kan sê dat my rok soos ’n tweede vel gepas het! En boonop het dit gemaklik, stylvol, en elegant gelyk! Dit was nie net ‘n rok nie; dit was ‘n reis van samehorigheid en herinneringe, ‘n simbool van liefde en trots wat ons, as ‘n hegte Matfield-gesin altyd sal koester! Ek het soos ’n goue godin gevoel!

Datum van matriekafskeid?

2024-10-05

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media