Jade van Wyk

Hoërskool Transvalia

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het my rok ontwerp deur om 2 rokke aanmekaar te sit. Ek wou graag die elegansie van ń "Meermin-styl" rok hê, maar ook die "WOW" faktor van ń "Prinses Balrok". So het ek toe my rok ontwerp deur om die Balrok ń sleep te maak met vere aan die onderkant, wat aanheg aan my Meermin-styl rok. Hy is ook afhaakbaar gewees. Die gleuf in my rok vir my been was net hoog genoeg om my bene en skoene ook duidelik te maak. Die materiaal van my rok is ń pragtige, blink deurskynende materiaal van my gunsteling kleur gemaak-Emerald Groen. Om alles bymekaar te bring, het ek besluit op ń verklaring stuk mou en ń bandlose rok om my skouers te komplimenteer.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

As klein dogtertjie het ons Ma's altyd vir ons vertel hoe spesiaal ons Matriekafskeid gaan wees. Ek het altyd geweet ek wil die "WOW" faktor na my matiekafskeid bring. Ek wou graag ń praktiese rok hê waarin ek die vloere warm kon dans, maar tog ook ń rok hê wat skree : "JADE!" Met my naam wat "groen steun" beteken, was dit net gemaak om so te wees. Ek wou iets hê wat my persoonlikheid kan uitbring en my hare en vel kleur pragtig sou komplimenteer. Dit is hoe ek die inspirasie gekry het vir my rok. My rok sê : "JADE!"

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My heel gunsteling deel van my rok was heel moontlik my sleep. Die feit dat ek hom kon afhaal en aanhak soos ek wou was presies wat my rok spesiaal gemaak het. Die vere het ook my rok net finaal aanmekaar getrek. Ek het soos ń prinses gevoel op die rooi tapyt en sodra die musiek begin speel het, kon ek hom net afhak en die dansvloer het gebrand! Ek het ook baie van my mou gehou. Dit het gevoel asof dit my rok uniek maak vir my en my laat uitstaan het.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media