Jade Gobby



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Elke jong dame se sprokie begin by haar Matriekafskeidrok, en Ilse Roux Bridal het beslis my eerste sprokie hoofstuk verwesenlik. Die keuse van die swart kleur van die rok is vir my simbolies van misterie, innerlike krag, elegansie en sofistikasie.
Vir my was dit belangrik om ń rok te hê wat gemaklik was sodat ek sorgloos en vry kon beweeg. Ilse het my verwagting hiermee oortref met die bostuk wat soos ń handskoen gepas het en die romp gedeelte, ń groot vloeiende lap wat aan die onderkant met ń 10cm "Crinoline" gestik was het gesorg vir beweging wat die romp aan die een kant laat induik terwyl dit aan die agterkant uitswaai… ń tipiese prinses elegansie.
Die bonus was die sakke wat aan weerskante van die rok was…want elke meisie het mos ń sak nodig vir ń foon en lippies.
In die woorde van Christian Dior in 1954 :" a ballgown is your dream, and it must make you a dream"