JADE CAILIN BOTHA

HOëRSKOOL DINAMIKA

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

'n "Cinderella Story"
So amper, amper het ek nie 'n rok of matriekafskeid gehad nie, totdat my vriendin haar hart oopgemaak het om my 'n "Sprokies Aand" te gee…Sien haar matriekafskeid sou in 2020 gewees het, maar Covid het gebeur. Sy wou nogsteeds soos 'n prinses lyk om haar laaste skooljaar te kon vier…sy het toe 'n mini matriekafskeid by haar huis gehad. Materiaal was gekoop, rok was ontwerp en rok gemaak (net vir haar om haar styl van haar lyf te komplimenteer) deur Charlene van Zaphrika. Haar sprokies aand was gemaak. Haar unieke rok het sy besluit om aan my (haar spesiale vriedin) te leen om so ook my eie sprokies aand in 2022 te kon hê. Sy was so trots toe sy haar mooi rok aan my sien. Danksy my vriendin kon ek ook soos "Cinderella" voel, en ek kon nie glo dat haar rok my net so mooi pas nie asof dit vir my ook gemaak was. Ek het gevoel soos 'n prinses en dat ek enige iets sou kon oorwin. Ek kon nie ophou glimlag nie, want ek het soos 'n regte "Cinderella" gevoel.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media