Jada Van Nieuwenhuizen



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My sussie het die snit van my rok help kies. Die ontwerp het gevloei uit die snit van die rok. Die inspirasie vir die ontwerp is gegrond in die eenvoudigheid en intimiteit van ‘n pasvorm rok en ‘n vrou se liggaam. Ek wou die sensuele aspek van die stywe ontwerp balanseer met ‘n klassieke, tydlose ontwerp. Die rok is deur Gerrit Pienaar in 2 dae gemaak nadat daar ‘n probleem met my oorspronklik rok was. Hy het die kleur van die lap gekies (“Blue Navy Moroccan Satin”) nadat ek vir hom gesê het die rok moet net blou wees. Hy het die prentjie in my kop laat realiseer en ook my ma ‘n nood rok-soek-uitstappie gespaar! Die lap word vanuit my heup gedrapeer en in die teenoorgestelde rigting by my skouer bymekaar gebring- balans. Die rug se ontwerp was ‘n samesmelting van my en Gerrit se idees. Die idee is dat die rug vloei uit die lap wat bymekaar kom by my skouer.