Jackie de Klerk
Hoërskool Fichardtpark
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok was ontwerp deur Vileste Couture. My rok was ń meerminstyl met langmoue wat geskitter het met roosgoud en rooi blinkertjies. Ek het die kleur rooi gekies omdat dit liefde simboliseer. My rok het ń ooprug gehad om stylvol ,maar nogsteeds elegant te bly.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
20 September 2024 by Leopards and Lace
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou graag ń rok gehad het wat my innerlike mooi kan uitbeeld. Daarom het ek ń beskeie rok gekies wat nie aandag sal wegtrek op ń vrou se mooi nie, maar om op die innerlike mooi by te dra. My inspirasie vir my rok was die woorde van Coco Chanel wat volg as: "Om onvervangbaar te wees, moet 'n mens altyd anders wees."
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek het van alles van my rok gehou,maar as ek moet kies is hoe die rok my die selfvertroue gegee het om die wêreld te verower. Ek het so gemaklik en beeldskoon gevoel in die rok.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-20