Izette Mouton

Hoërskool Vredendal

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is ń gedempte blou kleur wat gemaak is van ń sagte tulle materiaal. Dit is skouerloos met ń ruched bo-lyf en ń korset rug, en dan natuurlik het dit die pragtige ingerygde valle.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Vredendal

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het baie inspirasie geneem vanaf my gunsteling film, pride and prejudice aangesien die rokke in die film elegant en tydloos was met die vloeiende silhouette en gedemte kleure wat subtiel die karakters se persoonlikhede weerspieël het. En net so wou ek ook hê dat my rok tydloos moes wees maar tog weerspieël wie ek is. Ek dink dit is vir alle meisies ń droom van kleins af om soos "royalty" te lyk op hul spesiale dag, en ek was een van daardie gelukkige meisies wat daardie geleentheid gegee is. Saam met dit en ń paar Pinterest fotos het my droom ń realiteit geword.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is definitief die bokant van my rok aangesien dit nie deel van die rok sou wees nie, maar toe voeg Roxanne Burger, die wonderlike ontwerper, tog die voutjies by toe sy sien dat die rok nie so mooi sou lyk sonder dit nie.

Datum van matriekafskeid?

2024-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media