Izaan Scheepers
Hoërskool Pionier
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Na baie idees, opsies, inspirasie en voorbeelde soek vir my perfekte sprankelinde rok, het ek eerder besluit om rokke aan te gaan pas om te verseker dat dit is wat ek soek. Na ses rokke wat aangepas was het ek later my sprokies rok gekry waarna ek die hele tyd gesoek het. Ek het dadelik geweet dis die een! Ek het gemaklik en vry gevoel soos n vissie in die water. My rok was Royal Blue met glitter wat hom daai ekstra skitterende gevoel gegee het. Die boonste deel van my rok het klein diamantjies op gehad wat my presies soos n prinses laat voel het. My sy-kante en maag was van net om my bietjie uit my 'comfort zone' uit te kry sê my sussie, al was dit nie so nie. My rok was gekomplementeer met asemrowende grimering wat my laat uitstaan het. Ek het sowaar soos n sprokies prinses gevoel!
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my sprokies rok was beslis die feit dat ek baie lief is vir die see waar ek vrede vol voel en net myself kan wees. Maar sonder enige twyfel het my rok my baie aan my oupa laat dink. ń Man vol vrede, geluk en liefde. Hy wou altyd net die vrede bewaar. Soos wat ek en my metgesel op die rooi tapyt geloop het het dit gevoel of hy met ons was en elke oomblik saam ons beleef het.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok was beslis dat die rok my soos n prinses laat voel het. Maar sonder enige twyfel was alles van my rok my gunsteling aangesien my hart van die begin af gesteel was. My rok het my lyf gekomplementeer en die diamantjies het beslis my oë laat uitstaan.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19