Isabella Greeff

Hoërskool Linden

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is gemaak van fyn geweefde Brokaat met blompatrone en uitgevoer met sagte donkerpienk lap. Toe ek die materiaal sien het ek net geweet dit is vir my! Die Brokaat is moeilik om mee te werk en baie van die naaldwerk is met die hand uitgevoer. Die onderrok is afgeëindig met sierlike kant wat onder die romp uitsteek om sagtheid te verleen. Kralewerk is bygevoeg vir tekstuur. Die uitrusting is vir my soos 'n kunswerk en die goud het my velkleur gekomplimenteer. My Ma het die rok vir my ontwerp en gemaak!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Linden 20 September 2024

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Brokaatstof dateer uit die Middeleeue en was deur adellikes in onder andere Bisantium gedra. Die inspirasie vir die ontwerp is dus Oosters, bestaande uit 'n twee-stuk met halternek bostuk om my middel en skouers te beklemtoon.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Daar is gewigte in die vorm van R2 stukke in die soom van die romp geplaas om dit mooi te laat drapeer. Dit was nogal vir my 'n oulike naaldwerk hack!

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media