Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek wou graag hê my rok, haarstyl, skoene en grimering moet uitbeeld wie ek is. Ek glo in tydloosheid en skoonheid wat klassiek is. Die mooiste ontwerpwerk kom volgens my uit die 1940's en 1950's, en ek wou met my rokkeuse wys dat hierdie styl nooit verouder nie en altyd klassieke skoonheid sal verteenwoordig.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
AHMP
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het nog altyd van klassieke rokke en ontwerpe gehou, maar het lank geworstel met watse rok my die beste verteenwoordig. My inspirasie was uiteindelik Audrey Hepburn se ikoniese roomkleur rok met donkerblou borduurwerk, asook 'n vintage Chanel-rok. My hart het dadelik geweet dat my rok 'n kombinasie van hierdie twee moet wees.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die geligte soom aan die voorkant van die rok was een van my gunsteling dele van die rok; dit het my vintage skoentjies mooi afgewys. Die borduurwerk, asook die tipiese klassieke Chanel-tekstuur van die materiaal wat baie ongewoon is vir 'n matriekafskeidrok, was vir my besonders.
Datum van matriekafskeid?
2024-10-05