Inge Victor

Hoërskool Wilgerivier

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

As klein dogtertjie het ek gedroom oor my matriekafskeid! Prentjies bymekaar gemaak, geteken en ander dopgehou. Ek het nooit gedink ek gaan goud en swart dra nie. Ek het my rok vir die eerste keer gepas en het dadelik geweet hy is gemaak vir my! Dit komplimenteer my persoonlikheid en gee my die selfvertroue om te wees wie ek is. My rok het n oop rug met geen slit. Mooiste detail! Die ontwerper van my rok is Alyce Paris.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

20 September 2024

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek is rabbedoe wat ewe tuis is op ń perd , ń trekker en in ń mooi rok. Hierdie rokkie het ek gekies omdat ek myself kon uitbeeld vir wie ek werklik is.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dat ek my my tema kon deel van goud met my tweeling sussie. Ek was mal oor die fyn detail wat skitter in die lig !

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media