Inanca Serfontein



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My klerestyl is baie anders, unieke en half outyds. Altyd geweet my matriekafskeidrok gaan ek nie in 'n winkel te koop kry nie. Ek het 'n prentjie gekry waarvan ek gehou het en ons het begin lap soek. Kon niks kry in 3 provinsies, na baie maande se soek. Op die ou end verskillende lappe gekoop en my tannie, Hannelie Fourie eienaar van manjeefiek_couture het alles meesterlik bymekaar gesit om my pragtige rok te maak.
'n Groter uitdaging was dat ons 1543km van mekaar af woonagtig is. Mates is geneem met 'n "whatssapp video call" en met die eerste passing 2 maande later het die Sage Maroccan satyn "middelste" rok absoluut perfek gepas!! Ons tweede en finale passing, nog 4 maande later, het die Tulle met hand appliekwerk asook die onderrok, alles saam, perfek gepas. Slegs die soom moes ingestik word. Dit was inderdaad 'n Meesterstuk.
'n Groot verrassing was toe ons dans se tema aangekondig word, een maand voor die tyd, as "Bridgerton". Dit was asof die hele matriekafskeid net vir my gereël was.
Ek is verlief op my rok en my droom is bewaarheid!