Ek het nie presies geweet watse styl pas die beste by my nie. Ek het wel geweet die kleur van my rok sou die beste by die kleur van my vel pas . Ek hou nie van n baie besige ontwerp van rok waarin ek nie gemaklik voel nie, daarom het ek n eenvoudige wye onderdeel gekies om lekker in te kan dans. Die boonste deel van my rok het ek presies geweet dat dit die beste by my gaan pas omdat dit n deel van my persoonlikheid uitbeeld.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Oranje Meisieskool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het nooit van kleins af gedroom oor my matriekafskeid en oor hoe my rok gaan lyk nie. Ek hou daarvan om rokke te laat ontwerp en my eie idee te skep van die rok wat ek op my groot dag sal wil dra. Die rok is baie eenvoudig met baie gedetailleerde patrone op die boonste deel van my rok. Dit was vir my baie belangrik dat my rok n weerspiëling is van my persoonlikheid !
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok was die gedetailleerde boonste deel van my rok.