Ilandri Nel
Hoërskool Ermelo



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My matriekafskeidrok is meer as net blink kant, kristalle en sy. Dit simboliseer die sprankel wat ek in my persoonlikheid sien, asook die smaraggroen weelde van groei. Dit simboliseer die groei van ñ dogtertjie na ñ prinses al was dit slegs vir een aand. Dit skitter soos die blink toekoms wat soos ñ oop pad voor my lê. Dis meer as net ñ blink prinses matriekafskeid rok, dit wink vir my die immergroen toekoms nader.