Ilana Ligthelm

Hoërskool Pietersburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het my kleindogtertjie drome om eendag ʼn strokies prinses te wees waar gemaak deur ʼn asemrowende pienk, Jovani - balrok te kies. Die rok het my wildste drome oortref! Ek het soos ʼn ware Barbie prinses gesprankel en die geluk het op my mondhoeke verskyn. Die skitterende rok het werklik my borrelende persoonlikheid weerkaats en ek kon nie enigsins mooier voel of vir ʼn meer "ek" rok vra nie. Die dramatiese vloei daarvan en die opmerkende kleur was die trekkrag agter my keuse.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja absoluut!

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het nog altyd gevoel dat ek anders is. Tipies soos die bekende gesegde: "born to stand out". Ek het dit absoluut met my balrok bereik... Die oomblik wat ek die rok gesien het, het alles binne my geweet dis MY rok... Dalk is dit bietjie van ʼn clichè maar dit was liefde met die eerste oog opslag. Wie sal ooit die geleentheid om heel aand te skitter, opgee?

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die rok se draai vermoë. Ek het die heel aand getrippel en dramaties gedraai. Ek was kinderlik opgewonde en met die warrelwind passies was dit duidelik sigbaar. Dan moet ek ook noem dat die rok koop uitstappie die kersie op die koek was. My mamma en ouma het hierdie glansryke oomblik saam my geniet en dit was ʼn absolute voorreg om dit saam met hulle te beleef. Hierdie was ʼn eens in ʼn leeftyd ervaring wat ek vir altyd sal onthou. My wapperse pienk prinses rok. Dankie mammie en oums.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-17

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media