Ianthé Oosthuizen



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Aangesien ek n mode – ontwerper wil word het ek dit goed gedink dat die beste plek om daarmee te begin is om my eie Matriek afskeid rok te maak.
Die ontwerp by my rok het alles begin by my lap. ‘n Ligte rooi oranje kleur wat verander in ‘ sjampanje kleur het my oog gevang. Nie net was dit uniek in maar dit het geblink en ek wou uitstaan die aand van my Matriek Afskeid.
Na vele verandering aan die ontwerp, worstel met die maak van die bolyf van my rok, trane en vele meer kon ek met trots sê dat die rok myne is en ek het dit gemaak.
Dit is by verre een van my grootste prestasies en ek het baie hieruit geleer. Daardie aand van my Matriek afskeid het ek soos n prinses gevoel. Hopelik is dit net nog die begin van my mode ontwerp loopbaan