Hilke Scheepers

Hoërskool Parys

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het lank gedroom oor hierdie dag, patrone en idees gekyk, en het van die begin af geweet ek wou iets anders en besonders hê. So het ek met my 'prentjies' van wat ek in gedagte gehad het, maar nog heeltemal 'clueless' oor wat dit moes wees, by ontwerper Leonard Lindeque uitgekom. Leonard het my prentjies gekyk, en dadelik 'n prentjie in sy kop gekry - lank, stylvol, maar nie té veel nie. 'n Paar maande later het ons lap gekies, die mooiste groen en blou skakerings waarmee hy 'n kleur sou skep. Min het ek gedink dat wat hy uiteindelik sou maak, so perfek sou werk. Waar ek aanvanklik gedink het dit lyk soos seegroen, was die eindresultaat nadat al die lae materiaal oormekaar gesit is 'n besondere grysblou/pewter kleur wat my rooi hare en ligte gelaat perfek geklomplimenteer het. Die wye romp wat die verskillende kleure materiaal gewys het wanneer ek beweeg het 'n besondere effek gegee, en die kantdetail bo het dit perfek afgerond. Dit is 'n tydlose rok en sal ek altyd die aand onthou toe ek soos 'n prinses kon lyk en voel.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Parys

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Almal het verwag ek sou Emerald groen kies as kleur vir my matriekafskeidrok, maar ek wou iets anders hê. 'n Wow rok en dit is presies wat dit was - 'n wow rok wat my grootste verwagtinge oortref het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die rompgedeelte met sy kleure wat verander soos ek beweeg danksy die lae materiaal wat oormekaar geplaas is.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media