Hestià van Schalkwyk



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Die idee was "fairytale" : 'n mengsel van Cinderella en Prince Charming met 'n bietjie Frozen nostalgie, in my gunsteling kleur.
My rok is gemaak deur Lushboutique gebaseer op 'n paar idees /foto's wat ek deurgestuur het. My ma het van Lushboutique te kenne gekom deur Instagram , kontak gemaak en van daar het die bal begin rol. Wat alles ekstra spesiaal en "dreamy" gemaak het was die feit dat ek vir geen "fittings" gegaan het nie , die rok glad nie gesien het nie tot dit in Namibië aangekom het nie. My rok is vanaf Durban gecourier die 16de Septemeber , ons moes ontvangs neem binne 'n week gedurende die proses het my rok "verlore" geraak by die koerier maatskappy en het ek dit eers ontvang Woensdag die 5de Oktober en die geleenthied was Vrydag die 7de Oktober. Die goeie nuus was dat alles so perfek was dat geen verstellings of veranderings nodig was nie , my rok het soos 'n handskoen gepas asof "fairy god mother" dit self gemaak het.
Met al die kinkels en kabels was dit vir my soos my eie regte fairy tale , waar my drome waar geword het en alles perfek uitwerk het.