Hestia Bouwer

Hoërskool Jan Viljoen

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het ñ kleur gekies wat baie anders en uniek is en wat my borrelende persoonlikheid aanvul .Die blommetjies en die blinkers op my rok het my soos ñ prinses in ñ sprookiesverhaal laat voel ,toe ek die rok die eerste keer aangetrek het ,het ek geweet dat ek daardie rok saam my gaan huistoe neem ,en dat daardie rok en kleur vir my gemaak is .Ek het die wonderlikste en vriendelikste ontwerper ontmoet by Boutique Catherin Walk in Clearwater Mall wat vir my puik raad en advies gegee het .

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Jan Viljoen

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het die inspirasie van my rok gekry ,van die feëverhale en tydskrifte wat ek van kleintyd af bewonder het .My kleindogtertjie-droom het waar geword die aand van my matriekafskeid op 04 Oktober 2024 . Ek het soos ñ ware prinses gevoel .

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my matriekafskeidrok was die bostuk ,dit het my middel baie duidelik beklemtoon en dit pas my soos ñ handskoen ,dit is deursigtig met fyn blommetjies en blinkers ,dit was styfpassend en baie gemaklik ,die sleepstuk van my rok het die bostuk gekomplementeer .Die sleepstuk was nie te lank asook nie te wyd nie ,ek het soos ñ prinses gevoel en my rok is ñ verlengstuk van my persoonlikheid .Die rok het my laat uitstaan by die matriekafskeid soos ek uitstaan by my skool as hoofleier .

Datum van matriekafskeid?

2024-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media