Hesme Van Aswegen

Eunice High School

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My keuse van rok weerspieël my persoonlike styl, wat gefokus is op eenvoud, elegansie en tydloosheid. Ek het die rok gekies omdat die snit my figuur komplementeer en die kleur my veltoon mooi laat uitstaan. Die materiaal is sag en gemaklik. Ek het ook spesifieke besonderhede soos gebruik soos kant, pêrels en plooie ingesluit om 'n tikkie uniekheid en sofistikasie te gee aan die algehele voorkoms.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Eunice High School

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie vir my rok het gekom van die mees belangrikste mens in my lewe: my beste vriendin, my ouma. Ek en my ouma was onafskeidbaar, soos vinkel en koljander, soos Bonnie en Clyde. Haar gunsteling kleur was die diep, gesofistikeerde petrol-blou, 'n kleur wat onmiddellik die aandag trek en mense se koppe laat draai. Net drie maande voor my matriekafskeid is sy oorlede, en het sy het nooit die kans gekry om die rok wat sy so graag wou sien, te bewonder nie. Die keuse van die kleur en ontwerp van die rok was vir my baie spesiaal, want dit was 'n manier om haar nagedagtenis lewendig te hou. Ek wou hê dat die snit, kleur, en styl van die rok die essensie van my matriekafskeid se kar moes weerspieël – my oupa se oupa se donkerblou-groen Chevrolet 1955, 'n pragtige klassieke voertuig wat perfek gepas het by die tema en atmosfeer van die aand. Om by my matriekafskeid aan te kom in daardie spesiale motor, met 'n rok wat soveel betekenis dra, was nie net 'n modekeuse nie – dit was 'n eerbetoon aan my ouma, haar styl, en die diep band wat ons gedeel het. Alhoewel sy nie fisies daar was nie, het ek gevoel asof sy op 'n manier saam met my was deur die hele ervaring.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok was die kant met die blou en groen krale in verskillende skakerings. Dit het ’n pragtige glinsterende effek gegee wat perfek gepas het by die rok se kleurpalet. Die kontras wat deur die helder pienk protea-blomme bygevoeg is, een van my gunstelingblomme, het vir my ’n unieke en spesiale element bygevoeg. Ek was ook mal oor die hoë spleet en die onderrok wat subtiel deurskemer. Die manier waarop die krale op die kant soos ’n waterval van bo af begin het en dan geleidelik versprei het, het ’n vloeiende en dromerige gevoel aan die rok gegee. Die sweetheart-neklyn, gekombineer met die korset-borsstuk, het vir my ’n elegante voorkoms gegee wat my soos een van die prinsesse in ’n Disney-fliek laat voel het. Dit was alles net perfek saamgevoeg om ’n tydlose, betowerende styl te skep wat ek vir altyd sal onthou.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-21

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media