Helene Wiid
Hoërskool Diamantveld
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
die sagte, lemmetjie groen, kleur van my rok het my ligte vel, donker oë en unieke rooi hare gekomplimenteer
die eenskouer ontwerp voeg n tikkie assemetriese sjarme by terwyl die oop rug my figguur komplimenteer. Alhoewel my rok n eenvoudige noupassende snit het, was ek versot op die vloeiende sillouhette wat n besonderse eerste indruk maak. die glinsterrende swarovski kristal detail, op die regte plekke, saam met die fyn goue blinkers in die lap maak van die eenvoudige, maar tog merkwaardige, rok n perfekte weergawe van my persoonlikheid.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Diamantveld
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die insperasie vir my rok se kleur was beslis my rooi hare. Ek wou n geheel prentjie skep - soos my ma altyd se " ek dra die rok, die rok dra my nie." Dit was vir my belangrik om n gemaklike rok te he waarmee ek met selfvertroue kon rond beweeg.
My naam, Helene, beteken "shining light/ the light inside". Die liggies in my oë was die insperasie vir die sagte goue blinkers in die lap.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek is n plattelandse plaasmeisie wat glad nie hou van oordoen nie en fyn detail het my meer aangetrek as n oordrewe rok op die rooi tapyt.
Datum van matriekafskeid?
2024-04-10