Helandri Liebenberg
Hoërskool Koster
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het soos baie ander meisies n groot droom gehad oor my matriekafskeid rok. Die prentjie wat ek in my kop gehad het is vinnig vasgevang deur die bekende ontwerper Willem Terreblanche. Ek het die donker wynrooi kleur gekies om my blas vel en oë te komplimenteer. Die korset was met pragtige geborduurde blomme aan sjifon vasgewerk en die sleep het beslis die elegansie waarop ek gemik het volmaak.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Koster
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Omdat ek 2024 se hoofmeisie was, het ek geweet my rok moet die "show stopper" wees. Ek kyk baie realiteits programme, en toe ek "op my eish" se Rachelle sien in die laaste episode het ek verlief geraak op die bo kant van haar rok. Ek het dadelik geweet hierdie rok gaan koppe laat draai.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die moue wat los van die rok is was 2 dae voor die matriekafskeid by gevoeg en het n heel ander elegante effek gehad.
Datum van matriekafskeid?
2024-10-04