Ek het altyd gedink ek sal rooi dra, maar die emerald groen met n tikkie blink het my vel en my oë gekomplimenteer.
Die kontras tussen my hare en die groen wat n wenner.
Die rok was so gemaklik ek vloeiend as ek beweeg het.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Voortrekker Hoërskool Bethlehem
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My rok is verseker geïnspireerd deur huidige mej SA Mia Le Roux se rok wat sy tydens die kroningserimonie gedra het.
My Ouma noem my haar “Glamour girl” en die rok het my soos n “Glamour girl” laat voel.
My pa het gesê “ Eish , Vere!!”
My ma het gesê “Wil jy n statement maak of net soos al d ander jare se rokke lyk?”
Die kommentaar het my keuse maklik gemaak- Hierdie is n STATEMENT ROK!
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die Vere maak die Voël was hier verseker die deurslag!
Ek het ook Baie van die lae rug en die sleep gehou… so bietjie “je ne sais quoi” tot die rok toegevoeg.