Heike Fourie

Hoërskool Transvalia

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die idee van my rok en kleur het maklik gekom. Ek wou hê dat die kleur en styl van my rok uniek en besonders moes wees. Ek het drie rokke aangepas, onderandere 'n bruin rok. Die kleur van die rok het dadelik met my gepraat. Met die soektog na materiaal het dit verander na 'n glinsterende champagne-brons. Elke pas was 'n betowerende ervaring en my droomrok het gestalte begin kry. Die A-lyn romp en styfpassende bo-stuk het in sy eenvoud vir my 'n gesofistikeerde en moderne gevoel geskep. My matriekafskeidrok het geskitter met elke swaai en draai… ek het presies gekry wat ek wou hê!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media