Hayley van der Walt

Hoërskool Ermelo

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het die kleur swart gekies vir my rok, want dit pas by my en jy kan nooit verkeerd gaan met swart nie! My rok het 'n Kate Winslet van die fliek Titanic tipe look bo gehad en onder sag vertoon met 'n kort "short" (broekie) onder. Die rok onder skuin deur en hyt ook 'n slit in om so bietjie been te wys! Die rok is ontwerp deur Claris by Gerrit Pienaar van Pretoria.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Ermelo

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My gunsteling fliek Titanic vir die bo-kant van die rok. Dit het 'n vintage-feel bo. Onder wou ek bietjie been wys! Die rok was baie gemaklik, stylvol met 'n touch of sexy!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ons het by die venue eers gesien die tema van ons matriekafskeid is "Western" en daar was 'n bul waarop die matrieks kon ry as deel van die vermaak. Ek kon met gemak op die bul klim met my rok omrede ek die "short" onder aangehad het. So my gunsteling deel van my rok was my short wat deurgeskyn het.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media