Handri Viljoen

Hoërskool Punt

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek weet al vir jare presies hoe my matriek afskeid rok moes lyk. Dit sou oorspronklik lig pienk wees, maar toe ons die pragtige blou-grys lap sien, het ek dadelik daarop verlief geraak en my pienk prinses rok was iets van die verlede. Ek het my rok self ontwerp en my ouma het dit vir my gemaak. Sy het n pop uit my my lyf gemaak met kleefplastiek en “duct tape”, sy het die petroon self ontwerp en sy het die lyfie van die rok 5 keer op ou materiaal oorgemaak om seker te maak dat dit my perfek pas.
My matriekafskeid rok is n direkte weerspieëling van wie ek is; dis elegant, sag en vroulik maar tog kinderlik.
Ek het my “tangled” sprokies verhaal geleef, veral toe n perd onverwags agter my in die matriekfotos verskyn het. Ek het soos n ware prinsess gevoel!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media