Haily-Jade Watkins



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Soos almal weet naas 'n vrou se trourok is haar matriekafskeid rok die belangrikste rok wat sy in haar lewe sal dra. Daar het baie tyd en beplanning ingegaan oor die perfekte rok wat ek wou hê. My rok soektog het begin in Maart van die jaar, my Ma en van haar vriendinne het ingespring en saam op sosiale media begin kyk vir iets wat nie die norm is nie. Ek wou iets stylvol, elegant, aanloklik maar steeds sag op die oog gehad het. Ek het 'n prentjie van 'n rok gesien en ek was dadelik verlief op die styl van die rok. Ek het na Joseph van Joseph Anker Design toe gegaan met die prentjie en hy het die rok vir my gemaak. Joseph het gesê swart sal die beste lyk by my. Ek het gevoel soos 'n prinses in my stylvolle, elegante, aanloklike en steeds sag op die oog rok.Die eerste oomlik en nog elke oomlik daarna wat ek hierdie rok aangehad is en was ongelooflik "magical"! Hierdie rok gee dus my drome vlerke!