Gizelle Jordaan
Leeuwenhof Akademie
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ons het die ontwerper Diaan Daniels genader om my rok te ontwerp. In samewerking met Diaan & Hanco Jansen van Vuuren en hul span, het ons my droomrok geskep. Diaan het sagte kleure gekies wat my gelaat komplimenteer. Hy het elke kurwe in ag geneem, om my op my beste te laat vertoon. Elke kristal is deur die ontwerpers self met die hand vasgewerk. Die valle aan die rok is so geplaas om perfek saam met my beweging te vloei. My grimering, hare en juwele is haarfyn beplan saam die span, om my soos 'n Hollywood prinses te laat lyk. Die hele proses was 'n "beautiful journey".
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Leeuwenhof Akademie
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Met eerlikheid het ek net 'n paar vereistes gehad vir my rok. Dit moes klassiek en gemaklik wees en ek moes dit weer kon gebruik. Ek wou myself uitdaag! As 'n reël dra ek baie graag swart na 'n formele funksie toe. Ek het besluit om uit my gemaksone te kom en iets anders as swart te dra.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek is versot op elke deel van my rok. Die ongelooflike detail van elke kristal. Die feit dat my rok soos 'n handskoen gepas het om my kurwes. Die onderkant van my rok wat sag om my bene gevloei het as ek geloop het. Ek is dol oor my hele rok!
Datum van matriekafskeid?
2024-10-04