Ghitte Wiid

Die Hoërskool Menlopark

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is handgeverf met die mooiste pienk, blou, geel en groen. Die mengsel van die verskillende kleure het die ongelooflikste kombinasies uitgebring. Ek het gekies dat dit met die hand geverf moet wees júís omdat ek nie net met ontwerp wou werk nie, maar geweet het dat die kleure deel moet vorm van die finale produk. My rok was op verskeie manier effens 'anders'. Buiten dat dit handgeverf is, is die kombinasie van n skouerlose korset, 'n lekker kort dansrokkie en 'n lang sleep regtig alles waaroor ek gedroom het. Die lang dubbelsleep het n 'bubble'- effek wat die gevoel gee van 'n regte Disney-prinses met haar aandrok. Ek het geweet dat ek nie net stylvol en uniek wil lyk nie, maar ook dat ek my skoolloopbaan wil aflsuit met lekker dans - daarom die korter rokkie wat meer speels is. Die sleep haak aan ‘n silver diamanté-belt wat om my middel span en die finale afronding gee van elegansie. Aandrok en dansrok - my droom kombinasie!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, ek het.

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Mense beskryf my dikwels as iemand wat nie sommer konformeer met mode, geite en giere nie, maar maklik bereid is om iets te waag (en aan te trek) wat ander nie noodwendig sou kies nie. Ek wil graag glo dat ek getrou aan myself en my persoonlikheid leef. Wat is dan beter ontwerp as n rok wat 'anders' is, 'n effense waagstuk is met kleure en verf waar jy nie n waarborg het van die uitkoms nie, maar ook sag en vroulik. Vir jare sien ek in my skool se jaarblad die foto's van paartjies wat gegroepeer word volgens kleure. Ek wou graag voel dat ek nie net ‘n is kleur nie. Ek pas nie net in een boksie nie. Ek is ‘n regte “girly girl” en my beste vriendin beskryf my altyd as ‘n bondeltjie energie. Daarom het ek gedink dat ek net sowel my persoonlikheid in ‘n rok kan weergee - miljoene kleure en helder. Ek is nogal lank (n volle 1,84 m lank) en 'loud' - duidelik sigbaar en hoorbaar. Vir jare kank het so baie mense in my skoollewe gevoel dat ek minder en sagter moet wees. My rok is my antwoord op daardie opinie. Ek is kleurvol, anders, waagmoedig en myself!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek is gek oor die kleure. Ja, ek is mal oor die ontwerp self en die hele idee van die rok, maar dis die kleure wat die rok so besonders maak. Die handewerk met die verf is vir my die diep deel wat getuig dat ek handgekies is om te wees wie ek is.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media