Genique Delport
Hoërskool Sentraal
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My ontwerp is 'n vrolike pastel geel Milano satyn rok, om my energieke persoonlikheid uit te straal. Die ontwerp se korset is delikaat geborduur met Rianna kant wat al langs die lae rug snit uiteengesit is. Die romp het baie volume om 'n lewendige en luukse voorkoms oor te bring. In die vloeiende ontwerp voel ek gemaklike en selfverseekerd.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Sentraal
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het eintlik geen spesifieke inspirasie vir my rok gehad nie. Ek het my persoonlikheid geanaliseer en 'n kleur en ontwerp van daar af gekies. Verder het ek net 'n klomp idees van Pinterest afgekry en dit saamgevoeg in 'n ontwerp waarmee ek gemaklik voel.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Kan ek 'n gunsteling deel kies? My hele rok was vir my onbeskryflik mooi! As ek wel moet kies,sal ek sê dat my rug-gedeelte vir my iets besonders was. Ek wou gaan vir iets uniek waaraan min mense sou dink en ek het dit reggekry! Die opening op my rug was vir my die perfekte grote en die knopies saam met die kant wat bygevoeg is,het die ontwerp net soveel meer elegant gemaak.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-21