Gabriellé Boardman

Hoër Volkskool Potchefstroom

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Hierdie rok is spesiaal gemaak vir ‘n matriekmeisie wat die aand wil betree met selfvertroue en styl. Met byna 2,000 handgewerkte glas krale en blinkers is die detail fyn en oorvloedig – ‘n weerspieëling van die harde werk en trots wat agter die ontwerp lê. Die silwer glans skep ‘n gevoel van glans en feestelikheid, terwyl die deurskynende rok oor die jumpsuit iets uniek en gewaagd by die voorkoms voeg.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja(Hoër Volkskool Potchefstroom)

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Daar was talle rokke wat soortgelyk was aan die eind produk, maar ek moes die idee my eie maak .In my rok is daar nie net inspirasie van ander ontwerpers maar ook insette van die al mense wat na aan my hart is van familie tot vriende.Dit het die aand al meer spesiaal gemaak aangesien daar sukkies van my geliefdes in die materiaal vas gewerk was.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

In die rok het ek totaal soos myself gevoel.Dit was n werklike uitbeelding van wie ek is.Ek kon die rok aantrek en met self vertroue by my matriek-afskeid in loop, maar laat ons nie van die klomp blinkertjies vergeet nie!

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media