Gabriella Lindeque
Transvalia
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok is n mengsel van alles. My rok bestaan uit een 'bishop sleeve' en een handskoen wat tot oor my elmboog strek. Die hele rok word ondersteun deur n corset. Die regterkant van my corset is bedek met talle steentjies. Ek word ook langs die kant van my rok geklee met n stuk materiaal wat n 'train' genoem word. Ek kan dit maklik van my rok af skei deur om die hakkies, wat daarin gewerk is, los te maak. My rok is deur Mariska Pfahl geskep.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Transvalia
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek was opsoek na iets anders. Iets wat skree, "Wow, dis uniek !" Ek het van daar af besluit om n gedeelte van elke kleding stuk in my rok te plaas. Ek het selfs n tema vir my rok gegee, 'To be a woman.' Die handskoen word verwys na elegansie en klas. Daar word steentjies gebruik om n vrou te beskryf as lieflik, toewydig, kragtig, rein en word verwys na ewige skoonheid. Die ander helfte van my corset is eenvoudig en die 'bishop sleeve' wat aan hom geheg is, is sag en delikate. Hierdie gedeelte van my rok help die res van my rok om uit te staan, nes n vrou veronderstel is om treffend te wees.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die kleur. Mens sou dink dat die kleur die heel eerste ding is wanneer dit kom tot die besluit van n matriekafskeidrok. Myne was laaste. Almal kan agterkom dat ek n baie ligte vel kleur toon en my oë kleur is tussen blou en groen. Daarom kon ek besluit tussen daardie twee opsies, maar kon nogsteeds nie tot n besluit kom nie. Dit was tot ek tannie Mariska ontmoet het wat met die idee opgekom het om die twee kleure te meng om een kleur te vorm. n Kleur wat klem op my spierwit vel sit en my oë laat 'pop.'
Datum van matriekafskeid?
2024-09-20