Francisca van Rooyen

Oranje Meisies skool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My "Stanley Babtiste" ontwerpers rok... Sjampanje kleur is subtiel en sag die toonbeeld van kalm en vriendelik waarna so baie smag. Ek glo aan die eenvoud van skoonheid. Stylvol met 'n tikkie glans wat almal weer laat kyk. Pérels... al die pérels vir Jesus se kroon laat my opnuut weer die skoonheid rondom my waardeer.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Oranje Meisies Skool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die styl weerspeel 'n speelse kant. Alhoewel ek doelgerig en gefokus is, het ek 'n liefde vir die lekker en die ligte dinge in die lewe. My rok beweeg vloeiend en vry. Voeg 'n element van plesier, gelukkig en vryheid tot my voorkoms wat my herinner om die lewe ten volle te omarm.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My rok is die essensie van wie ek is. 'n Simbool van sag, elegant, eenvoudig maar tog speels, vrolik en vry. In my rok was ek sonder voorgee of pretensie dit was die eie ek. 'n Pérel in Jesus se kroon.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media